ISRAELIETE
Nederig en Opreg… volg ons vir JAHWEH!

Valentyns Dag

Elke jaar op 14 Februarie, vier miljoene mense regoor die wêreld ‘n dag bekend as “St. Valentine’s Day”. Miljoene kaartjies en bokse sjokolade in die vorm van die “hart” word op die dag uitgegee. Selfs kerke hou partytjies of Valentyns danse op die sogenaamde “Dag van Liefde”.

Sogenaamde liefde

Sogenaamde liefde

Paganistiese Dag

In skole, en selfs kleuterskole, word kinders se name uit ‘n boks getrek en word dan twee -twee saam gesit (op gepaar) vir die dag, dit alles net vir die pret daarvan. Mense van alle ouderdomme neem deel in die dag se viering en al wat jy heeldag hoor is “Wees my Valentyn” of, “Be my Valentine”.

Die hartseer feit is dat meeste mense nooit vra waar die dag se oorsprong vandaan kom nie. Mense vra nie vrae nie en doen maar net wat almal om hulle doen. Hulle stop nie vir een sekonde en dink wat ons Almagtige Elohim JaHWeH daarvan dink waarmee die mense hulleself mee besig hou nie!

Wanneer ons na Valentynsdag kyk, sien ons dat dit ‘n preokkupasie is met die hart en dat ons na die woorde van ons Hemelse Vader moet luister: “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? Ek, JaHWeH, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy wee, volgens die vrug van sy handelinge.” Jeremia 17:9 – 10.

Volwaardige Israeliete behoort bekend te wees vir hulle onderskeidings vermoë en vrae te vra omtrent die ongewone dag. Wat is die oorsprong van die dag? Waarom is daar die beheptheid met die kleur rooi? Waar kom die hart vorm vandaan en wat beteken dit? Hierdie en ander vrae sal beantwoord word wanneer ons ondersoek instel na die wortel en oorsprong van hierdie paganistiese dag.

In die dae van die Roomse Ryk, was die maand Februarie die laaste en kortste maand van die jaar. Februarie het oorspronklik 30 dae gehad. Omdat “Julius Caeser” die maand Julie na homself vernoem het, het hy die maand Februarie met een dag verkort, en een dag by die maand Julie gevoeg om dit 31 dae te gee. Dus is Februarie verkort na 29 dae.

Later toe “Octavius Caeser”, ook bekend as “Augustus” tot roem gekom het, het hy die maand Augustus na homself vernoem. Om nie ore aangesit te word deur “Julius Caeser” nie, het hy ook ‘n dag van die maand Februarie weggevat en dit by die maand Augustus gesit om die maand ook 31 dae te gee. So is die maand Februarie gelos met net 28 dae. Tot vandag toe het die maande se dae so gebly.

Die antieke Romeine het geglo dat elke maand ‘n gees het, en dat die gees sy krag met elke dag versterk totdat dit ‘n hoogtepunt bereik in die middel (Ides) van die maand. Dit was gewoonlik die vyftiende dag en dit was wanneer hekse en waarsêers hulle toor werke uitgevoer het. ‘n Waarsêer is ‘n persoon gevul met die gees van divinasie, en het die vermoë om geeste op te roep of te ontvang.

Met Februarie wat nou gelos is met net 28 dae, val die middel van die maand op die 14de. Omdat die middel(Ides) van die maand gewoonlik op die voorafgaande aand gevier was, was Februarie se middel (Ides) uniek gewees en is dit op die aand van die 13de gevier. Dit het ‘n baie belangrike vakansiedag geword in die Roomse Ryk. Die heilige dag van 14 Februarie wasgenoem gewees “Lupercalia” of “Dag van die wolf”.

Hierdie dag was heilig gewees vir die seksuele perversie van die afgod “Juno”. Daar was ook op die dag eer betoon vir die Roomse gode, “Lupercus” en “Faunus” asook die legendariese tweeling broers wat vermoedelik Rome gevind het, “Remus” en “Romulus”. Daar word gesê dat die twee broers in ‘n grot grootgemaak was deur wolwe op die heuwel “Palatine” in Rome. Die grot was genoem gewees “Lupercal” en was die middelpunt waarom die spesiale fees gevier was op die 14de Februarie(Lupercalia).

Op die dag, “Lupercalia” , wat later vernoem is na “St. Valentine’s Day”, het die “Luperci” of priesters van “Lupercus”, bebloede bokvelle gedra vir die seremonie. Die priesters van “Lupercus”, die wolf god, het dan bokke en ‘n hond geoffer en hulle dan met die diere se bloed besmeer. Die priesters wat dan rooi gesmeer is met die offerbloed van die diere, het dan in ‘n waansinnige dwaal om die heuwel “Palatine” gehardloop terwyl hulle rieme (Februa) uit die bokvel gesny het.

Om die heuwel het vrouens gesit sodat die bebloede priesters in die verbykom hulle dan met die bokvel rieme geslaan het on hulle “vrugbaar” te maak. Die jong vrouens het dan agterna in die stad bymekaar gekom waar hulle name op briefies geskryf is en dan in ‘n houer geplaas is. Die sogenaamde liefdes briefies word dan deur die manne in Rome getrek. Die jong vrou wie se naam dan getrek word, word dan daardie man se seksuele wellus genoot tot die volgende “Lupercalia” of 14 Februarie.

Dus het 14 Februarie ‘n dag van seksuele wellus geword. Die kleur “Rooi” was heilig vir die spesifieke dag, omdat dit die kleur van die diere se bloed was. Die “Hart” vorm was nie die voorstelling van die menslike hart nie, want die menslike hart lyk nie eers so nie. Die “Hart” vorm, stel die vroulike baarmoeder voor of selfs die opening na die kamer van heilige reproduksie.

Toe die Gnostiese Katolieke Kerk ‘n vastrapplek in Rome kon kry rondom die derde eeu N.M., het hulle bekend gestaan as die “Valentinians”. Die Katolieke “Valentinians” het die seksuele wellus lisensie van die fees in wat hulle genoem het “Angels in nuptial chamber” en wat ook genoem was “Sacrament of copulation”, behou.

Hierdie was gesê gewees om die voorstelling te wees van die huwelik van “Sophia and the Redeemer”. Sodra die deelnemers van die 14 Februarie ritueel begin met hulle seksuele sakrament (vrugbaarheid-seremonie), het die priesters wat die seremonie dopgehou het, die volgende rympie of  “mantra” opgesê ; “Let the seed of light descend into thy bridal chamber, receive the bridegroom…open thine arms to embrace him. Behold, grace has descended upon thee.”

Soos die tyd aangegaan het, het die Ortodokse Kerk die Katolieke verdruk en die “St. Valentine” vervaardig wat tot vandag toe nog gevier word in die moderne tyd.

Dit behoort nie eers genoem te word dat elke volwaardige Israeliet die paganistiese fees nie moet vier nie, en moet vermy soos ‘n plaag. In JaHWeH se oë is dit nogsteeds “Lupercalia” of “Dag van die wolf”. Mans raak soos wolwe met die Sataniese ritueel om seks te beoefen sonder die huwelik. Ons het al gehoor van die “Wolf Whistle”, en ons almal weet wolwe kan nie fluit nie. Dit is die wellus van die man en die vrou wat Satan se Godslastering voort dra tot vandag toe.

Om tot gevolgtrekking te kom, moet ons onsself vra, “Moet ‘n volwaardige Israeliet geassosieer word in enige manier met feeste wat ‘n Sataniese oorsprong het? Moet ons doen wat die heidene al vir jare doen en dit as liefde regverdig?” Romeine 12:2 beantwoord dit baie goed; “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van JaHWeH is.

Sataniese Aspek

Wanneer ‘n meisie by satanisme aansluit en sy is nog ‘n maagd, word aan haar gevra of sy wil deelneem aan die vrugbaarheid-seremonie. As sy toestem moet sy ‘n maagd bly tot die seremonie(13 Februarie) plaasvind. Gewoonlik stem hulle in, dan word hulle net by die vrugbaarheid-seremonie gebruik. Geen ander man mag aan haar raak tot daardie tyd nie. Dan word die vrugbaarheid-seremonie uitgevoer en as sy verwagtend is, word sy verban uit die tempel, maar as sy nie is nie, bly sy in die tempel. (Die Bybel praat in die Ou Testament van ‘n sekere tydperk wat ‘n vrou onrein is nadat sy ‘n baba gehad het. [Lev. 12:2 – 5] Hulle het dit verleng na sewe jaar, dan word sy deur die kind soos hulle se “geheilig”. Jy kan niks met haar in die tempel doen voordat die kind skoolgaande ouderdom bereik het nie).

Veertien dae voor die vrugbaarheid-seremonie(13 Februarie), word sy voorberei.  Sy moet haar gedurende die tydperk afsonder en daar is sekere gebede wat sy moet doen. Dit is net soos in die antieke Babilon, waar hulle “Astoreth” aanbid het. Daar is sekere dinge wat sy moet navolg. Sy mag niks van ‘n dier eet nie.(Sataniste is oor die algemeen vegetariërs.) Sy is veronderstel om haarself rein te maak. Sy moet drie keer per dag gebad word. Sy doen dit nie self nie, maar sy word bygestaan deur die ander vroue wat help met die seremonie. Sy werk nie gedurende die tyd in ‘n private werk nie.

Daar word sekere soute en badolies gebruik in die badproses. Hulle gebruik die soute wat ‘n mens baie laat sweet om al die onreinheid uit die liggaam te laat sweet. Sy word voorberei as die bruid van Satan. Daar is net een so ‘n maagd betrokke by so ‘n seremonie en dis altyd op die 13de Februarie.
Op die aand van die seremonie, sal die priester of hoëpriester (as laasgenoemde in die tempel is), met die maagd gemeenskap he. Die seremonie van die aanbidding van “Astoreth” word voorafgegaan deur ‘n ander seremonie.

Dit is waar sewe “bulls of Minos”, dis nou mans wat gekies word vir hul fisiese eienskappe, eers gemeenskap moet he met vrouens, voor die eintlike seremonie waar die priester gemeenskap het met die maagd. Dit vorm deel van die vrugbaarheid-seremonie, maar dit word alles in die openbaar gedoen, in die tempel. Die seremonie duur ongeveer drie uur.
Efesiërs 4:17 – 19 “DIT sê en betuig ek dan in JahWeh, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie – mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van Elohim deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.”

Die liefde is wonderlik, maar Valentynsdag is soos ‘n aanloklike lekker vol dodelike gif!

Erkenning aan: “Last Trumpet Ministries International” Vertaal in Afrikaans.
Ds. Ben Maree (Satanisme in Suid-Afrika: eindtydaanslag.)

Geen reaksies to “Valentyns Dag”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.