ISRAELIETE
Nederig en Opreg… volg ons vir JAHWEH!

Televisie Het Ons Trane Gesteel!

Idioot Kissie

Idioot Kissie

Aan die einde van die twintigste eeu het TV-kykers reeds meer ellende en smart gesien as enige ander geslag, maar sonder om direk daarby betrokke te wees: slagoffers van napalm in Vietnam, aardbewings en vloede in Bangladesj en Turkye, honger kinders in Ethiopie en slagoffers van burgeroorlog in Rwanda. Net God kan al die leed van die wereld neem. Die mens se gevoelens stomp genadiglik af. Daarom kan ons nog aand na aand kyk na tonele van afgebrande statte in Natal en na verkoolde lyke van mense met buitebande om hul nekke. Miskien daarom laat die eenvoud, die nederigheid byna, van die konsentrasiekamp-kerkhof op Irene, naby Pretoria, ‘n mens skielik met ‘n skok wonder: Het dit werklik alles gebeur? Kon beskaafde mense dit aan kinders doen? Verteenwoordig al die patetiese leiklipgrafsteentjies en die gedenkplate met duisende name op werklik menslike lyding?

Leed Byna Vergete

Die Tweede Vryheidsoorlog, en die leed van vroue en kinders in daardie oorlog, is vandag byna vergete. Daar is ‘n nuwe stuk geskiedenis wat aandag vra. Nuwe slagoffers wil hul eie leed en vernedering onthou en het skaars nog tyd vir die verlede van hut politieke vyande. Dr. Anton Rupert het juis eenmaal gewaarsku dat ‘n volk sonder ‘n verlede soos ‘n man sonder ‘n geheue is. Irene is maar een van die vele plekke in Suid-Afrika waar veral vroue en kinders in die laaste jaar en ‘n half van die Tweede Vryheidsoorlog deur die Britse owerheid inkonsentrasiekampe saamgetrek is. Meer vroue en kinders het gesterf as burgers op kommando. Byna 26 000 het omgekom op plekke soos Mafikeng, Potchefstroom, Heidelberg, Vereeniging, Kroonstad, Bloemfontein, Norval’s Pont, Bethulie, Aliwal-Noord, Middelburg, Johannesburg, Klerksdorp, Standerton, Volksrust en Howick. Volgens ‘n dokumentere rolprent van die BBC verteenwoordig dit ‘n sesde van die totale Afrikaner-bevolking van die twee Boere-republieke. Volgens hierdie bron was die sterfte syfer ‘n yslike gemiddelde van 35 persent van alle inwoners – wat 60 persent van alle kinders verteenwoordig.

Emily Hobhouse

As dit nie vir die Britse maatskaplike werker Emily Hobhouse was nie, sou die wereld dalk nooit hiervan bewus geword het nie. Sy het met geldelike ondersteuning van Brittanje se Kwakers Suid-Afrika besoek en haar ooggetuie verslag het ‘n golf van verontwaardiging deur die Brtse politiek gestuur. Volgens haar was die weeklikse rantsoen van ‘undersirables’ (vroue wie se mans nog op kommando was) uiters skamel: 1/21b vleis, 1/21b meel, rys of stampmielies, 1/20ns koffie, ongeveer ‘n eetlepel suiker. Op hierdie rantsoene kon kinders kwalik die epidemies van kindersiektes wat in die oorvol kampe uitgebreek het, oorleef. Talle het die nagevolge van erge ondervoeding ‘n leeftyd lank met hulle saam gedra. Na aanleiding van Hobhouse se verslag het ‘n liberale Britse politikus die aanslag op vroue en kinders bestempel as “methods of barbarism”. Vir talle verengelsde Afrikaners was dit ook ‘n keerpunt. C. Louis Leipoldt, seun van ‘n Duitse sendeling en toe mediese student in Brittanje, het skrynende gedigte in Afrikaans begin skryf:

Siembamb – Siembamb
Mame se kindjie, Sienibamba…

Jy, wat geen deel aan die oorlog het;  jy, wat moet sing uit pure pret
Jy moet verdwyn in ‘n kinderkamp, Jy moet vir vrede word uitgestamp:
Vou maar jou handjies dig tesame. Sluit maar jou ogies, en se Amein!
Ironies genoeg was dit ook die lyding van die oorlog wat die verengelsings proses van die Boere in veral die Vrystaat gestuit het en stukrag verleen het aan ‘n nasionale beweging wat die Suid-Afrikaanse politiek lank sou oorheers.

Geen reaksies to “Televisie Het Ons Trane Gesteel!”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.